Baie dankie aan Kliplapa se span vir ons pragtige troue gister. Julle het ons die gelukkigste mense gemaak. Dankie vir al julle geduld op so ‘n kalm manier, vir julle fantastiese vriendelikheid, dit het gevoel of ons julle al jare ken. Julle het nie net vir William en Elmarie en hul gaste ‘n Saterdag gegee nie, maar sommer ‘n hele naweek. Julle is die beste, met die beste pryse, die lekkerste kos, ALLES was net 100% reg. Baie, baie dankie aan Anna en Anette van Kliplapa, ons beveel julle sterk aan en natuurlik vir Patsy wat die saal so mooi versier het. Julle is beslis ‘n uitstekende span.