Wat ‘n onvergeetlike dag vir ETIENNE LOUBSER en ELZANNE BASSON – die Loubser en Basson familie en gaste. Baie dankie vir die harde werk vanaf Vrydag met die voorbereiding van die blomme, die “venue” en die verblyf. Alles was perfek en netjies gedoen en ons kon nie vir beter vra nie. Dit is duidelik sigbaar dat dit julle passie is en dat julle dit met liefde doen en geen uitdaging vir julle teveel is nie. Die blomme was asemrowend mooi en was presies waarvoor ons gevra het so ook die ete wat aan ons voorgesit is. Dit was NAMMIES!!!. Ten laaste maar verseker nie die minste nie: BEN – JOU YSTER!! Wat ‘n DJ ? ?
Geen wonder ons is eers 04h40 uit die saal nie – wat se dit – ons kon nie ophou met dans nie!!! Jou musiekkeuse en die manier waarop jy die gaste “gelees” het, was wonderlik. Ek wil net aan mense raad gee wat dit oorweeg om die “Venue” te huur, bespreek EEN JAAR voor die tyd dan is julle verseker van die KLIPLAPA. Nogmaals baie, baie dankie vir die onvergeetlike naweek!!!!.
Kom ons skink en klink en drink ‘n glasie op die KLIPLAPA B R A V O ! ! ! !
Yvonne Basson