Ons is pas terug vanaf wittebrood (was na die Drakensberge en Umhlange in Durban toe gewees) en kan ek uiteindelik vir julle ‘n e-possie stuur.

Graag wil ek en Johnnie net WEEREENS vir jul vreeeeeslik dankie sê vir alles wat jul vir ons gedoen het tov ons troue laas Paasnaweek! WOW…julle en jul diens was UITSTEKEND en kon ons nie vir beter vra nie. Julle het ook gehelp om my sommer kalm te hou en was daar GEEN stres voor die troue nie – net opwinding en kon ek nie wag vir 16:00 om die ja-woord te kon gee nie.

Die gaste het soveel komplimente gegee tov jul heerlike en smaaklike kos en stunning venue…en als was net VOLMAAL en PERFEK! Vreeslik dankie – sonder jul sou ons dag nie dieselfde gewees het nie…en ons sal Kliplapa BESLIS vir ALMAL aanbeveel! Sodra ek foto’s van die fotograaf ontvang het (kan seker so maand of langer neem) sal ek beslis vir julle ook aanstuur as jul dit dalk sou wou gebruik op jul website…

Mooi week en lekker werk.
Vriendelike groete,
Karien van Eeden

Book your Date

Be sure to book your ideal date while it’s still available. Contact us for more information or bookings.

Contact Us

Check your Dates

April 2025
M T W T F S S
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30

Office Hours

Monday - Friday
08:00 - 17:00
Saturday
Close
Sunday
Close

Postal Address

Klip Lapa
Posbus 391
Alkantrant Plaas, Agtervinkrivier
Robertson, 6705