Dit is nou al amper 2 maande terug maar ons het nou eers fotos gekry. Baie dankie vir al tannie se hulp om ons dag so spesiaal te maak – ek dink nie daar is ‘n mens wat nie gerant en gerave het oor die kos nie. Sê ook dankie vir die oom vir die maak van die musiek waarop almal so lekker kon dans.
Groete, Ester Heystek
Ons troue was regtig iets besonders, die blomme, die atmosfeer wat Klip Lapa bied is iets besonders. En die idee om buite te trou onder die bome met die voeltjies wat sing en die hartjies wat van die bome af hang sal my altyd by bly. Ek kon nie glos hoe mooi alles gelyk het nie, dit was presies wat ek en Morne wou gehad het. Die oomblik toe ons by die Lapa kom het ons geweet dis die regte plek ek kon alles in tannie se bekwame hande laat en regtig oor niks stress nie. Almal kan steeds nie uitgepraat raak oor hoe lekker die kos was nie, tannie mag maar kook.
Baie liefde en groete Debbie & Morne Enslin
Ons is pas terug vanaf wittebrood (was na die Drakensberge en Umhlange in Durban toe gewees) en kan ek uiteindelik vir julle ‘n e-possie stuur.
Graag wil ek en Johnnie net WEEREENS vir jul vreeeeeslik dankie sê vir alles wat jul vir ons gedoen het tov ons troue laas Paasnaweek! WOW…julle en jul diens was UITSTEKEND en kon ons nie vir beter vra nie. Julle het ook gehelp om my sommer kalm te hou en was daar GEEN stres voor die troue nie – net opwinding en kon ek nie wag vir 16:00 om die ja-woord te kon gee nie.
Die gaste het soveel komplimente gegee tov jul heerlike en smaaklike kos en stunning venue…en als was net VOLMAAL en PERFEK! Vreeslik dankie – sonder jul sou ons dag nie dieselfde gewees het nie…en ons sal Kliplapa BESLIS vir ALMAL aanbeveel! Sodra ek foto’s van die fotograaf ontvang het (kan seker so maand of langer neem) sal ek beslis vir julle ook aanstuur as jul dit dalk sou wou gebruik op jul website…
Mooi week en lekker werk.
Vriendelike groete,
Karien van Eeden
Sjoe ons weet nie waar om te begin dankie se nie. Baie baie dankie vir al tannie se hulp en harde werk. Dit was alles bitter mooi, net soos ons dit wou gehad het. Tannie en Oom Ben het sommer in ons hartjies in gekruip, julle is pragtige mense. Ons sal fotos stuur en email so nou en dan.
Baie liefde en groete
Bernie en Tanya
Ons wil net weereens die personeel bedank vir al julle moeite die afgelope naweek. Die trou was n reuse sukses. Danksy julle. Ben met sy musiek is regtig aan te beveel. Het gedans tot 4:30. Die beste troue ooit. Die mense kan nie ophou praat daaarvan nie. Ek sal almal aanbeveel om daar te kom trou. Baie dankie
Carey Le Noury Ek stem! Dit was awesome gewees!! Die kos uit die boonste rakke! Die musiek wat almal permanent aan die dans gehad het! Als! Wonder of Oom Ben Kaap toe sal kom om musiek te maak by ons troue…skimp skimp wink wink? hehe!
Wat ‘n onvergeetlike dag vir ETIENNE LOUBSER en ELZANNE BASSON – die Loubser en Basson familie en gaste. Baie dankie vir die harde werk vanaf Vrydag met die voorbereiding van die blomme, die “venue” en die verblyf. Alles was perfek en netjies gedoen en ons kon nie vir beter vra nie. Dit is duidelik sigbaar dat dit julle passie is en dat julle dit met liefde doen en geen uitdaging vir julle teveel is nie. Die blomme was asemrowend mooi en was presies waarvoor ons gevra het so ook die ete wat aan ons voorgesit is. Dit was NAMMIES!!!. Ten laaste maar verseker nie die minste nie: BEN – JOU YSTER!! Wat ‘n DJ ? ?
Geen wonder ons is eers 04h40 uit die saal nie – wat se dit – ons kon nie ophou met dans nie!!! Jou musiekkeuse en die manier waarop jy die gaste “gelees” het, was wonderlik. Ek wil net aan mense raad gee wat dit oorweeg om die “Venue” te huur, bespreek EEN JAAR voor die tyd dan is julle verseker van die KLIPLAPA. Nogmaals baie, baie dankie vir die onvergeetlike naweek!!!!.
Kom ons skink en klink en drink ‘n glasie op die KLIPLAPA B R A V O ! ! ! !
Yvonne Basson
Baie dankie aan Kliplapa se span vir ons pragtige troue gister. Julle het ons die gelukkigste mense gemaak. Dankie vir al julle geduld op so ‘n kalm manier, vir julle fantastiese vriendelikheid, dit het gevoel of ons julle al jare ken. Julle het nie net vir William en Elmarie en hul gaste ‘n Saterdag gegee nie, maar sommer ‘n hele naweek. Julle is die beste, met die beste pryse, die lekkerste kos, ALLES was net 100% reg. Baie, baie dankie aan Anna en Anette van Kliplapa, ons beveel julle sterk aan en natuurlik vir Patsy wat die saal so mooi versier het. Julle is beslis ‘n uitstekende span.
Copyright © 2024 Klip Lapa. Website by Horst Dieter